Om te weet wie ek is

ebook

By Nianell

cover image of Om te weet wie ek is

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

Waar die gewilde Suid-Afrikaanse sangeres en glanspersoonlikheid, Nianell, ook al gaan, het sy een belangrike, inspirerende boodskap: Elkeen van ons mag, kan en moet lief wees vir onsself. As ons dit regkry, sal ons die mense rondom ons ook aanraak en só 'n verskil in hul lewens maak.

In haar heel eerste boek, Om te weet wie ek is, vertel die bekroonde sangeres van die lesse wat sy in die lewe geleer het en hoe sy ontdek het hoe om lief te wees vir haarself. Nianell neem die leser saam op haar lewensreis van 'n skaam, teruggetrokke skooldogter tot wie sy vandag is en wat sy langs die pad oor haarself en oor die lewe geleer het. Die lewe was vir haar, net soos vir die res van ons, 'n ontdekkingstog wat soms moeilik was. Sy skroom nie om op 'n eerlike, deursigtige en onpretensieuse manier haar persoonlike ondervindings van swaarkry, sukkel om te behoort, liefhê, vrou-wees en ma-wees van 'n drieling en ster-wees met die leser te deel nie.

Bowenal, sê Nianell, het sy geleer dat ons elkeen vir onsself kan en moet lief wees en altyd moet onthou wie ons werklik is. Sy gebruik verskeie persoonlike stories – waarvan sy talle vir die eerste keer met die publiek deel – om te vertel hoe sy self by die punt uitgekom het om haarself te aanvaar en om altyd te onthou wie sy werklik is. Nianell se vertellings oor haar persoonlike ondervindings sal elkeen se hart raak en 'n dieper insig gee in haar lewe en in die feit dat glanspersoonlikhede ook maar soms worstel met kwessies waarmee elkeen van ons sukkel.

Haar stories sal jou inspireer en jou die waarde daarvan laat besef om jouself te aanvaar en lief te hê soos jy is. Om te weet wie ek is is 'n genotvolle kombinasie van biografie en inspirasie – dis 'n lees- en groei-ervaring wat jou sal bybly lank nadat jy die boek klaar gelees het.

Die boek bevat ook 'n spesiale bonus-CD met met sommige van Nianell se treffersnitte.

Om te weet wie ek is