Kobra

ebook

By Deon Meyer

cover image of Kobra

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...
Die laaste ding wat kaptein Bennie Griessel van die Valke nodig het, is moeilikheid. Want hy suip dalk al weer, hy lieg vir sy kollegas en sy AA-borg, en die intrek by Alexa Barnard was 'n fout. 'n Karnallie van 'n fout. Maar die gastehuis-bloedbad buite Franschhoek was die werk van 'n professionele laksman – drie slagoffers, drie perfekte kopskote. En dis nie net die onverklaarbare gravering van 'n spoegkobra op die koeëldoppies – en die komende mediasirkus – wat Griessel laat bloed sweet nie. Twee van die oorledenes is lenige militêre tipes. Spesmagte. Of Spoke. Moeilikheid. Heel agter, in die hoofslaapkamer, is tekens van 'n gestoei, en te veel bewyse dat iemand ontvoer is. Bes moontlik 'n buitelander. Groter moeilikheid. Maar die paspoort is vals, die Britse konsulaat speel spioenasiespeletjies, en dieselfde huurmoordenaar slaan toe by die Kaapse Waterfront. Boonop neem die staat se duistere Sekuriteitsagentskap die ondersoek oor, en die Valke moet 'n vlugtende, baie vaardige Kaapse sakkeroller dringend opspoor om hul eer – en die demokrasie – te red. Maksimum moeilikheid.
Kobra